Vandag wil ek gesels oor ‘n baba se ontwikkeling tussen 3 weke en 3 maande. Ek het ‘n aparte blog oor ‘n baba se eerste 3 weke. Lee gerus hier. Maar, net soos in die eerste drie weke, is ons klein babatjies steeds besig om sin te maak van die wêreld rondom hulle. Hulle sien, hoor, ruik, proe en vat ... Read More about Ontwikkeling en Stimulasie: 0-3 maande
Wat is speel?
Ons almal wil graag ons kleintjies stimuleer en dinge leer. Maar wat as ek vir jou sê een van die beste maniere om te leer is deur te speel. Dink jy nou jy moet aktiwiteit op aktiwiteit op aktiwiteit uitdink? Nee, ek ... Read More about Wat is speel?
Kleintjies moet kaalvoet loop!
Het jy geweet dis veiliger en beter vir jou baba om sonder skoene te speel? 1.Om jou kleintjie kaalvoet te laat loop, ontwikkel gesonde voetjies. Soos wat jou baba oefen om te loop, leer sy brein die korrekte bewegingspatrone aan. Jou baba leer hoe sy spiere verkort en verleng en aanpassings maak ... Read More about Kleintjies moet kaalvoet loop!
7 Goed wat ek volgende keer anders sal doen tydens kraam.
Voor my seuntjie gebore is, het ek opgelees oor geboorte en die stadiums van geboorte en het my ma en vriendinne baie vrae gevra. Maar daar is so baie wat ek intussen bygeleer het. Ek het gedink ek sal 'n lysie maak van die dinge wat ek graag volgende keer anders wil doen! Ek sal nie op my rug ... Read More about 7 Goed wat ek volgende keer anders sal doen tydens kraam.
My geboortestorie
Ek wil my eersteling se geboortestorie vertel vir twee, eintlik drie redes. Ek wil alles kan onthou sodat ek my eendag my dogters en skoondogters kan vertel hoe dit gebeur het. Ek het my ma seker 78245 vrae gevra oor haar geboortes. En tweedens sodat ander jong vrouens bietjie meer ... Read More about My geboortestorie