Hello, ek’s Renate en welkom by Notas van ‘n Mamma!
Ek is ‘n Arbeidsterapeut en mamma van ‘n woelwater 1-jarige seuntjie.
Toe ek swanger was, het ek alles verslind oor swangerskap, geboortes en babas. Ek het besef hoe lekker dit is om ander mammas se stories te lees, hulle hoogte- en laagtepunte te ervaar en sáám met hulle en by hulle te leer. Moederskap is ‘n fantastiese reis en hoe meer inligting jy het, hoe makliker word dit.
Ek het hierdie blog begin met die hoop om mammas soos ek, meer inligting te gee oor swangerskap, geboorte, moederskap, babas, kinders en alles tussen-in. Op hierdie blog hoop ek om my kennis oor kinderontwikkeling en my ervaring van moederskap te kombineer sodat elke keer as jy hier kom loer, jy geïnspireerd en vol hoop weggaan.
Sien uit om jou hier rond te sien!
Liefde,
Renate