Ek stoei al solank met die idee van ‘n spelkursus. Om die waarheid te sê, koort na ek begin het met die blog het al al begin met die eerste weergawe van e-boeke oor spel en ontwikkeling vir spesifieke ouderdomme. Soos my kinders ouer geword het en die eise van ouerskap meer het die ontwikkelingsboeke gegroei tot kleuters en spel.
Ek het eerstehands gesukkel met die teenstrydigheid van die samelewing se boodskap aan die een kant- dat jy jou kinders moet besig hou, stimuleer en leer soveel as wat jy moontlik kan – en aan die ander kant die praktiese realiteite van moederskap – ‘n huishouding wat moet funskioneer, kos wat gemaak moet word en babas wat gevoed moet word.
Ek was ook midde in die realiteite – en keuses- van die ma’s om my. Hoe hulle die uitdagings navigeer, hoeveel skermtyd hulle kies, hoeveel ekstra aktiwiteite, hoeveel speel en hoe al hierdie besluite hulle kinders se gedrag beinvloed.
Die eerste rede hoekom ek op die ou einde besluit het om die kursus te ontwerp was vir ma’s. Omdat die scenarios wat voor my uitspeel so universeel is.
Dit lyk so:
Jou kinders het jou konstante aandag nodig. Hulle is verveeld, weet nie wat of waarmee om te speel nie en jou aktiwiteitidees is op, jy is moeg ‘sensory bins’ aanmekaar gesit of nog ‘n kunsaktiwiteit wat net 5 minute hou, op te stel en op te ruim. Jy is heeltyd besig om gevegte tussen sibbe op te breek en jy voel skuldig omdat jy nie nog meer tyd saam et jou kinders spandeer nie. Jy sit hulle hopeloos te gereeld voor ‘n skerm, maar hoe anders moet jy enigiets gedoen kry? Jy is uitgebrand soos wat jy probeer om jou kinders te vermaak, stimuleer en besighou. En jy het self baie hooi op jou vurk waarby jy meestal nie uitkom nie. Jy sit vas in ‘n siklus van swak gedrag en te veel skermtyd maar hoe kry jy jou kinders om tog net self te speel?
Ek hoor jou en ek verstaan. Ek het ‘6 weke tot beter spel’ ontwikkel omdat ek al was waar jy was – jy wil verandering hê, maar jy weet nie hoe om te begin nie. Hierdie kursus is spesifiek ontwerp om jou selfvertroue te gee in jou ouerskapsbesluite en om jou moederskap te laat geniet. Want dit hoef nie so uitputtend te wees nie.
Tweedens het ek dit gemaak vir ons kinders.
Ek wil nie die ‘goeie ou dae’ romantiseer nie, maar ons kinder speel minder as ooit tevore. Kinders (in Amerika) vandag spandeer tussen 4 en 7 minute per dag spelend buite. Ons kinders word groot onder konstante, medoeenlose toesig, hulle lewens is hipergestruktureerd en tyd vir rustog wees en niks doen is min en dun. Skerms is splinternuut en het die landskap van kindwees onherroepelik verander. Elektronika is orals. Reelings word op whatsappgroepe deurgegee, maps help jou om te kom waar jy wil wees, advertensies op flitsende borde soos jy die kinders by die skool aflaai, kinderliedjies op YouTube by die skool, video oproepe met ouma en oupa.
Ons lewens is gejaagd, propvol en ons kinders betaal die prys. Kinders se geestesesondheid is laer as ooit. Die statistieke lyk aaklig. Angstigheid, depressie, self-besering, identiteitskrisisse en ADHD is volop.
En as ek om my rond kyk, kan kinders doodeenvoudig nie meer speel nie. Ons was onlangs iewers by ‘n park saam met ‘n universiteitspel van my man. Daar was ‘n vlak stroompie en bome en modder en dit was idillies. Ek het gedink dit is die speelplek van my drome as ‘n kind. Die vriend se kinders het seker 5 minute rondgeloer en toe vra hulle om terug te gaan huis toe. Hulle kon eenvoudig net nie speel nie.
Hierdie kursus is vir kinders, want die ongebonde vryheid, rustigheid en towerkrag van kindwees word by ons kinders gesteel.
Daar is meer inligting oor kinderontwikkeling as ooit tevore en tens spyte daarvan is ouers gestres, uitgebrand en oorweldig deur ouerskap. Dit hoef nie so te wees nie. Kinders hoef nie, nie te kan speel nie. Ek wil jou help om die samelewing se stemme stil te maak en jou kinders toe te laat om te speel sonder skuldgevoel.
6 weke tot beter spel: Kursusoorsig
Hierdie kursus is spesifiek vir mammas met jong kinders (van ongeveer 1 tot 10 jaar) wat hulle kinders wil bemagting om onafhanklik en doelgerig te kan speel. Ons gaan die belangrikheid van spel ondersoek en identifiseer hoe jou huisomgewing en jou benadering tot spel ware spel kan belemmer. En dan gaan ons praktiese manière leer oor hoe om dit te verander. Ons fokus is op deurdagte ouerskapskuiwe en veranderinge wat jy kan implementer sodat jou kinders kan speel soos hulle moet – en wil!
Hoekom hierdie kursus?
As ma’s wil ons almal hê ons kinders moet floreer, kreatief en gaaf wees en veerkragtige individue word wat die lewe se houe kan weerstaan. En die samelweing se boodskap is duidelik – ons kan dit regtkry deur MEER te doen – meer gestruktureerde aktiwiteite, meer ekstra klasse, meer sport en meer tyd wat ons saam et ons kinders speel en aktiwiteiite uitdink.
Maar wat as die antwoord eintlik die teenoorgestelde is? Wat as jy Minder moet doen? Baie, baie minder. Minder tyd om pinterest aktiwiteite na te vors, minder tyd om jou kind van aktiwiteit na aktwiteit rond te chauffeur, minder tyd om hulle te Vermaak. Ek wil hê jy moet verstaan presies hoekom spel die dryfveer agter kinderontwikkeling is en jou help om met selfvertroue MINDER te doen. Hierdie kursus wil jou help om die krag van spel injou huis te ontsluit, nie deur meer hooi op jou vurk te pak nie, maar deur jou denk-en gedragspatrone te verander sodat jy werklik jou kind se ingebore drang om te leer en onwtikkel te ondersteun.
Hoekom lewendig?
Ek het eers gedink om net die kursusinligting aanlyn te sit en dan kan mens dit deurgaan soos wat jy wil, maar ek het besluit om ‘n eerste lewendige groep te doen waar ons saam die kursusinhoud deurwerk. Dis meer intiem en ek wil graag een ‘goedkoper’ kursus hardloop voor ek dit teen die regte prys net op die web sit.
Wanneer?
Ons begin die eerste week in November. Die aanlynsessies gaan Dinsdae 6 uur – 7h30 plaasvind. ( Ek kan dit skuif sodat dit almal beter pas, maar mens moet iewers begin.) Eerste sessie is dus Dinsdag 4 November 2025, 18h00.
Hier is ‘n google vorm skakel as jy wil inskryf.
Liefde
Renate
Leave a Reply