Die eerste uur na geboorte is ‘n baie sensitiewe tyd vir mamma en baba. Dit is deels omdat die hormoon oksitosien baie hoog is in die nuwe ma en die hormoon ‘catecholemines’ baie hoog in die pasgebore baba.
Navorsing wys hoe vroeër babas aan vel-tot-vel kontak blootgestel (m.a.w. in die 1ste uur) word, hoe beter!
Wat is al die voordele?
Fisiologiese regulering
Bo-op jou mamma se bors is die omgewing wat die heel naaste is aan die baarmoeder. Pasgebore babas het se fisiologiese funksies is nog nie so goed ontwikkel soos later nie. (dit is hoekom die insidens van wiegiedood so hoog is onder babas van 1 maand en jonger.) Vel-tot-vel kontak reguleer ‘n baba se fisiologiese funksies, omdat hulle moeder se hartklop of asemhalingstempo hulle lyfies as’t ware herinner ook ook asem te haal of hulle hartjies om ook te klop. Hulle kan ook nie hulle eie temperatuur beheer nie. Babas wat die eerste uur op hulle mammas se bors deurbring het beter en stabieler fisiologiese funksies.
Instink
‘n Pasgebore baba het 9 instinktiewelike fases waardeur hulle gaan.
Vel-tot-vel kontak veroorsaak dat ‘n baba ongehinder deur hierdie 9 instinktiewelike fases na geboorte kan gaan. Hierdie fases help om baba se sintuie te koordineer (sig, gehoor, reuk , smaak en tas) en breinontwikkeling te stimuleer. As ‘n baba eers geweeg en dan gemeet en dan van suster tot suster aangegee word en dan geswaddle en dan ek weet nie wat nog als nie, is baie moeilik om deur hierdie fases te gaan. Laat jou baba rustig deur elke fase gaan en gewoond raak aan sy nuwe ongewing vanuit ‘n velige plekkie (bo-op sy mamma, wie se stem hy al vir 9 maande ken). Daarna, as hy -en jy- kalm en gevoed is, kan mens aangaan met ondersoeke.
Kyk op my instagram vir die foto @notasvannmamma. Hy lees nie lekker op die blog nie.
Borsvoeding
Soos jy kan sien, sluit hierdie fases borsvoeding in. Navorsing wys dat vel-tot-vel kontak baie voordele inhou vir suksesvolle borsvoeding en dis maklik om te sien hoekom as jy besef dat hulle instinktiewelik sal drink as hulle gelos word.
Vel-tot-vel kontak verlaag die kanse dat daar supplumentêre formule voeding (byvoeding) gegee moet word, omdat borsvoeding makliker en vinniger gebeur. Jy het ook ‘n hoër kans vir ‘n suksesvolle eerste voeding, (wat weer lei na suksesvolle opeenvolgende voedings) omdat jy voed wanneer jou baba biologies “geprime” is vir ‘n voeding.
Borsvoedingstatisktieke wys dat mammas wat vroeë vel-tot-vel kontak met hulle babatjies gehad het, teen 3 maande nogsteeds borsvoed, terwyl ‘n groot groep mammas wat dit nie gedoen nie, al opgehou borsvoed het.
Immuumsisteem
Vel-tot vel kontak veroorsaak ook die uitruiling van mamma se mikrobioom na baba toe. Dit begin reeds voor geboorte en dan soos baba deur die geboortekanaal beweeg, en laastens, word mamma se vel-bakterieë oorgedra na baba tydens vel-to-vel kontak. Hierdie sg. mikrobioom kolonialisasie is nie dieselfde tydens ‘n keisersneegeboorte nie (omdat baba nie deur die geboortekanaal beweeg nie), so vel-tot-vel kontak is dan juis belangrik!
Watter rol speel hormone?
1. Oksitosien
Ons weet ook dat vel-tot-vel kontak, oksitiosien afskeiding verhoog wat binding tussen mamma en baba aanhelp.
Navorsing at gedoen is onder skape het gevind dat lammetjies wat net na geboorte by hulle ma’s weggevat is, later, as hulle teruggegge word, deur hulle ma’s verwerp word. Hulle postuleer dat dit is omdat oksitiosienafskeiding dan nie gebeur nie, wat binding inhibeer.
2. Catecholemines
Catecholamines is hormone wat deur ‘n baba se adrenaalklier afgeskei word. Direk na ‘n normale vaginale geboorte, en veral in die eerste 30 minute is catecholamines op sy heel hoogste. Catecholamines verbeter geheue en help leer aan. Met ander woorde jou baba se hormone werk saam om hom te help om dinge wat nodig is vir sy oorlewing te leer en te onthou.
In pasgebore babatjies, minder as 24 uur oud, verhoog die reuk van kolostrum die hoeveelheid suurstofryke hemoglobin in die baba se olfatoriese kompleks (reuk). Hoe nader aan geboorte, hoe hoër is die waargenome suurstofryke hemoglobin, m.a.w. baba is baie sensitief vir die reuk van kolostrum direk na geboorte. En omdat die hormoon catecholimines so hoog is, help dit dat baba die reuk identifiseer, leerken en onthou! Dit geld ook vir jou reuk! Dieselfde met borsvoeding en enige ander vaardighede wat aangeleer word. Dit wys ons hoe ‘n sensitiewe tyd die eerste 24 uur, en veral die eerste uur, is. Hierdie hoë konsentrasie catecholamines (wat baba se geheue versterk) is nie toevallig nie. Baba was veronderstel om by sy mamma te wees en sy versorger en sy voeding te leer ken!
Nog ‘n paar voodele vir mamma
- Plasenta word vinniger gebore
- Minder bloeding
- Laer stresvlakke vir die moeder
- Makliker borsvoeding (hoër selfvertroue)
- Voordelig vir jou gemoedstoestand. Mammas wat vroeë vel-tot vel kontak met hulle babatjies gehad het, rapporteer minder depressie-simptome tydens hulle ondersoeke op 1 week en 1 maand na geboorte.
En vir baba
- Vermindering van stres
- Kalmeer ‘n baba en verminder huil
Hoewel navorsing onomwonde stel dat dit belangrik is om vel-tot-vel kontak te doen na geboorte, is die praktyk maar altyd ‘n bietjie agter. Partykeer moet jy jou dokter of suster herinner daaraan dat jy graag wil hê hulle moet die eerste, goue uur respekteer. Hulle kan wag om vir baba te meet en weeg. Enige ander roetineprosedures wat hulle wil doen, (soos na baba se hartklop luister ens.), kan hulle op jou bors doen! Hierdie eerste uur gee jou ook die geleentheid om bietjie te ontspan met jou baba by jou sonder om te moet stres of oral rondkyk. So terloops, hulle het gevind dat wanneer babatjies nie by die ma is nie, ma’s se stresvlakke erg verhoog. Selfs al is die babas in dieselfde kamer, maar die dokter is dalk besig met die baba op ‘n ander tafel of die skaal, volg die ma se oë heeltyd die baba of sy probeer regop sit om te sien wat doen hulle met haar baba. Hou jou baba vas, dit gee jou kans om ook te kalmeer en rus!
PS: As jy om een of ander rede nie dadelik vir babatjie kan aanvat nie, laat pappa vel-tot-vel doen!